dit het alles
begin
met 'n
behoefte
Die stigter wou haar ouma se ou vellies elke dag dra, maar dit het alleenlik saam met lang denims gewerk. Die vellies saam met rokke, rompe en somersklere het net té grof gelyk. Sy het oral gesoek na iets om die voorkoms sagter te maak, maar kon niks kry nie. So het sy self die oplossing begin maak en Fraaisokkies is gebore: ’n eenvoudige maar stylvolle oplossing vir elke vrou wat haar vellies sagter wil laat lyk en haar uitrusting wil afrond.
Dis eg en reg.
Maar Fraaisokkies is meer
as net mooi sokkies.
Die Fraai-storie rus op drie hoekstene:
Geloof
Elke Fraaisokkies-pakkie bevat ’n tarentaal-veertjie… Dit gaan oor meer as net ’n tasbare plaas-gevoel in ‘n pakkie. Hierdie veertjie, wat regoor Suid-Afrika in die veld gevind kan word, is ’n stil herinnering aan God se alomteenwoordigheid. Die sagtheid van die veer en sy fyn ontwerp weerspieël iets van die Skepper se sagte liefde. Fraaisokkies word tot eer van Sy naam bedryf. Ons hoop dat elke vrou wat ’n pakkie ontvang, opnuut bewus sal raak van Sy alomteenwoordige, ontfermende liefde.
Kultuur
Kultuur is tuiskoms. Dit moet ʼn omgewing skep waarin jy vry kan voel om jouself te wees. Ons glo elkeen moet met vrymoedigheid hul kultuur kan uitleef, en Fraaisokkies wil daartoe bydra. Vellies is deel van die Afrikanerkultuur se unieke kleredrag. Ons is trots daarop omdat dit wys op die vakmanskap van ons voorouers wat uit gelooide leer gemaklike en duursame skoene kon maak. Ons is trots daarop omdat dit as ‘n herinnering aan ʼn diepgewortelde liefde en passie vir boerdery dien. Hier – aan die Suidpunt van Afrika – lê ons kultuur se eeue oue stories en dit is waarom elke paar Fraaisokkies se naam heimwee skep vir die uiteenlopende, pragtige streke in ons land.
Vrouwees
Prediker 3:22, “Ek het besef dat daar vir die mens niks beter is nie as om vreugde in sy werk te vind.” Fraaisokkies glo dit is inderdaad ‘n wonderlike gawe om vreugde in jou arbeid te kan vind en daarom word elke paar sokkies met oorgawe gemaak. Fraaisokkies heg waarde aan vrouwees en daarom is dit so belangrik dat elke vrou vreugde in haar arbeid vind, sodat sy meer tyd en energie in haar familie, vriendskappe en gemeenskap kan belê. Niks kan ‘n vrou se vermoë om ‘n huis in ‘n tuiste te omskep, vervang nie en elke tree van hierdie waardige taak moet vrolik – en fraai – geneem kan word.
Fraaisokkies se visie is om vir elke kliënt die ruimte te skep om uiting te gee aan die drie hoekstene waarop hierdie besigheid gebou is – geloof, kultuur en vrouwees.
Die Fraai-storie gee erkenning aan drie vrouens:
Terwyl die Fraai-storie op hierdie hoekstene rus, gee ons ook erkenning aan drie vrouens wie se insae die pad vir Fraaisokkies oopgebreek het:

Marita Krüger
Die ma van die stigter, wat saam met haar in 2018 die heel eerste paar Fraaisokkies gemaak het. Haar liefde, omgee en handewerk was die beginpunt van ’n idee wat sou groei tot iets veel groter.

Sarie Willemse
Die stigter se ouma, wie se aanmoediging in 2020 daartoe gelei het dat die eerste naaldwerkmasjien gekoop is en Fraaisokkies aan kliënte verkoop is. Haar geloof en saam-droom het ’n wêreld van moontlikhede oopgemaak.

René van der Vyver
Van kindsbeen af ’n entrepreneur. Sy het reeds in die laerskool haar eie sakgeld verdien deur worsbroodjies te verkoop. Vandag is sy die eienaar van die bemarkingsagentskap Idea Smuggler en bedryf ook Fraaisokkies met ywer en vreugde. Omdat Fraaisokkies se visie diep eggo met haar persoonlike waardes – gegrond op geloof, kultuur en vrouwees – het sy groot drome vir wat hierdie besigheid nog gaan bereik.
Leer meer oor die skooltassieprojek: https://helpendehand.co.za/skooltassie
Geld wat aan Helpende Hand geskenk is. Ons skenk R6 vir elke bestelling wat jy plaas.
Die Fraai-bydrae
By Fraaisokkies glo ons dat elke goeie en volmaakte geskenk van Bo kom (Jakobus 1:17) en daarom gee ons graag ook ’n geskenk aan ander. Vir elke paar Fraaisokkies wat jy koop, word R6 geskenk aan Helpende Hand se Skooltassie-projek. Só help jy om ’n tas, gevul met noodsaaklike skryfbehoeftes, in die hande van ’n behoeftige graad 1-leerder te plaas. Jy koop dus nie net ’n mooi paar sokkies om fraai treë vorentoe te gee nie – jy help ook ’n kind om die eerste tree van hul skoolloopbaan met selfvertroue en hoop te neem. Kyk hierdie video en sien self die impak van jou bydrae.












