sokkies

vir

vellies

Vervrolik jou vellies met Fraaisokkies – beskikbaar in 8 verskillende kleure. Dis perfek om enige uitrusting te verfraai. Dis eg en reg. Dis plaaslik vervaardig, trots Suid-Afrikaans.

welkom

by

Dis eg en reg – dis Fraaisokkies.

Of jy in jou vellies die plaas aandurf of die dorp stylvol aanpak, Fraaisokkies kan elke tree vervrolik. Ons Fraaisokkies is spesiaal ontwerp vir vellies – sodat hierdie skoene wat só deel is van ons kultuur – saam met elke uitrusting kan werk, hetsy vir dans, kerk of werk.

Elke paar Fraaisokkies vertel ’n storie van kleur, kultuur en karakter. Van Karoo-sand en Fynbos-protea, tot Namakwa-kapokbos en Bosveld-buskruit, die kleure is geïnspireer deur die streke van die Suidpunt van Afrika wat ons almal liefhet.

Dis plaaslik vervaardig. Dis stylvol ontwerp. Dis die sokkies wat elke vrou behoort te hê.

die fraai storIE

Dit het alles begin by ’n behoefte…

Die stigter wou haar ouma se ou vellies elke dag dra, maar dit het alleenlik saam met lang denims gewerk. Die vellies saam met rokke, rompe en somersklere het net té grof gelyk. Sy het oral gesoek na iets om die voorkoms sagter te maak, maar kon niks kry nie. So het sy self die oplossing begin maak en Fraaisokkies is gebore: ’n eenvoudige maar stylvolle oplossing vir elke vrou wat haar vellies sagter wil laat lyk en haar uitrusting wil afrond.

Maar Fraaisokkies is meer as net mooi sokkies. Die Fraai-storie rus op drie hoekstene…

Dis plaaslik vervaardig.

Dis stylvol ontwerp.

Dis die sokkies wat elke vrou behoort te hê.

fraaisokkies

Ons versameling

Fraai Leesstof

Jongste nuus

Hou ons blad dop vir nuwe skrywes!

fotogalery

Herinneringe

afAfrikaans